top of page

Die adjunkpresident gaan Bloemfontein kom help skoonmaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

As deel van die Skoon Stede en Dorpe-veldtog gaan die adjunkpresident, Paul Mashatile, die Mangaung Metro Munisipaliteit kom besoek. Luidens ‘n mediaverklaring mik die diensleweringsveldtog daarop om skoner, gesonder en meer volhoubare stedelike en landelike omgewings te bevorder. Die besoek deur die adjunkpresident sal gemeenskappe en belanghebbendes mobiliseer om deel te neem aan skoonmaak- en vergroeningsinisiatiewe. Die veldtog sal ook versnelde diensleweringsintervensies, insluitend afvalbestuur, die herstel van infrastruktuur asook vennootskappe tussen die regering, die privaatsektor en inwoners versterk, om volhoubare stedelike ontwikkeling te verseker. Die Mangaung-been van die veldtog sal volgende week gehou word onder die tema Botle Ke Botho: ’n Vrystaat wat vir almal werk.

 
 
 

Comments


bottom of page