Die adjunkpresident Paul Mashatile het Chinese maatskappye aangespoor om goedere in Suid-Afrika te produseer en te vervaardig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 19, 2025
- 1 min read
Die adjunkpresident Paul Mashatile het Chinese maatskappye aangespoor om goedere in Suid-Afrika te produseer en te vervaardig. Hy het vroeër die week die media toegespreek en sy werksbesoek aan China afgesluit. Mashatile het die goeie en groeiende bilaterale verhouding tussen die twee lande geprys. Hy het ook die Chinese maatskappye geprys vir hul belegging in Suid-Afrika. Hy sê om hierdie goeie verhouding voort te sit, sal Suid-Afrika volgende jaar die binasionale kommissie aanbied.






Comments