Die Afrikanerbond sê deelname aan die Nasionale Dialoog is belangrik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
Die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman, sê dit is belangrik dat Suid-Afrikaners aan die Nasionale Dialoog deelneem.
Hy sê jy kan nie kla oor wat in die land gebeur as jy nie jou stem laat hoor nie.
Bosman het die naweek ELP Stals se boek oor die geskiedenis van die Broederbond by ʼn geleentheid in Pretoria bespreek. Hy het by die geleentheid gesê dat hoewel hy skepties bly, is belangrik dat alle Suid-Afrikaners hul gedagtes en voorstelle oordra.
Kritici van die Nasionale Dialoog beskryf die geleentheid as ʼn onnodige en duur proses wat deur die ANC misbruik kan word.
Die Afrikanerbond het verlede week voorwaardelik tot deelname aan die Nasionale Dialoog ingestem.






Comments