top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Alison-twee is terug agter tralies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 4, 2025
1 min read

Die twee mans wat skuldig bevind is aan die verkragting en aanranding van Alison Botha, se parool is teruggetrek. Daily Maverick beskryf Alison as ’n simbool van volharding wat geweier het om ’n slagoffer te wees nadat sy in 1994 met ’n mes gedreig, verkrag en buite haar woonstel aangeval is. Weens die erns van haar beserings, het sy ’n lang herstelpad gehad Netwerk24 berig Frans du Toit en sy medepligtige, Theuns Kruger, het meer as 28 jaar van hul lewenslange vonnisse uitgedien voordat hulle parool gekry het. Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die gemeenskap moet beskerm word, veral in gevalle van geweld teenoor vroue en kinders. Groenewald het ná deeglike raadpleging van die gereg sy magtiging toegepas om die beskuldigdes se parool te kanselleer. Die woordvoerder van korrektiewe dienste, Euné Oelofse, bevestig dat albei terug in die tronk is. Netwerk24 verneem dat Du Toit terug in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein is.

 
 
 

Comments


bottom of page