top of page

Die Amerikaanse ambassade is onseker oor wie om vlugtelingstatus mag aansoek doen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Washington gekontak vir opklaring oor of nie-wittes kan aansoek doen vir 'n vlugteling-program gemik op wit Suid-Afrikaners.

Reuters berig Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel het bepaal dat dit bedoel is vir "Afrikaners in Suid-Afrika wat slagoffers is van onregverdige rassediskriminasie". Die Amerikaanse ambassade wil nou weet of hulle aansoeke van ander minderheidsgroepe wat rassediskriminasie ervaar – soos bruin mense, wat Afrikaans praat – mag verwerk.

Volgens 'n e-pos vanaf die hoogste amptenaar in die staatsdepartement is die program vir wit mense bedoel. Volgens die departement oorweeg die beleid ook ander rasseminderheidsgroepe, soos vervat in gepubliseerde riglyne wat lui dat aansoekers van Afrikaner-etnisiteit of lede van 'n rasseminderheid moet wees.

 
 
 

Comments


bottom of page