Die ANC braak gal oor 'n gekskeer-advertensiebord
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 6
- 1 min read
Die ANC eis dat die advertensiebord wat die DA vandeesweek in die noorde van Pretoria opgerig het, verwyder word. Die advertensie spot met premier Panyaza Lesufi se onlangse opmerking dat hy ook met wateronderbrekings sukkel en soms in ʼn hotel moet gaan stort.
Maroela Media berig die ANC het gesê die advertensiebord doen die premier se reputasie skade. Die party dreig nou met regstappe.
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê hulle kan nie Lesufi se reputasie méér skade aandoen as wat hy self gedoen het nie. Sy sê die ANC kon geen wettige rede aanvoer vir die advertensiebord om verwyder te word nie.
Sy sê die DA moedig Lesufi aan om met dieselfde vlak van dringendheid teen die waterkrisis op te tree as wat hy teen die advertensiebord gedoen het.
Die Gautengse voorsitter van Cosatu, Amos Vusi Monyela, sê alhoewel die premier nie probeer het om die lyding van gemeenskappe te ondermyn nie, hy meer sensitief met sy woorde kon omgaan.








Comments