top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ANC en DA stamp koppe oor swart ekonomiese bemagtiging

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Die ANC en die DA stamp steeds koppe oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB).


News24 berig president Cyril Ramaphosa het Donderdag na DA-leier John Steenhuisen gekap oor sy teenkanting van SEB. Dit kom nadat Steenhuisen in 'n verklaring ná die Staatsrede gesê het die DA verwerp die voortgesette beskerming van SEB.


Die DA is van mening dat die proses ’n klein, politiek-gekoppelde elite bevoordeel het en nie alle Suid-Afrikaners nie. Die party sê hoewel daar tekens van stabilisering onder die regering van nasionale eenheid is, bly werkloosheid, misdaad en swak dienslewering ernstige probleme.


Ramaphosa het dit duidelik gemaak dat swart ekonomiese bemagtiging met mag sal voortduur.


Ter illustrasie. FOTO: SME South Africa
Ter illustrasie. FOTO: SME South Africa

 
 
 

Comments


bottom of page