Die ANC gaan dringend sy pad vorentoe bespreek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal sal na verwagting boaan die agenda wees tydens die ANC se dringende nasionale uitvoerende komitee (NUK)-vergadering Dinsdagaand. Die party sal die pad vorentoe bespreek.
'n Ingeligte het aan EWN gesê sommige NUK-lede glo Ramaphosa moet antwoorde verskaf, ondanks sy oortuiging dat hy nie ’n misdaad gepleeg het nie.
Die noodvergadering volg op verlede week se uitspraak deur die Konstitusionele Hof waarin die Parlement gelas is om ’n staatkundige ondersoek teen die president in te stel.
Ramaphosa het Maandagaand die nasie toegespreek en gesê dat hy die Artikel 89-verslag, wat bevind het dat hy moontlik sy ampseed oortree het, vir hersiening gaan neem.
Ramaphosa sê verlede week se uitspraak is nie gelykstaande aan ’n skuldigbevinding nie.








Comments