top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Die ANC gebruik buitelandse diens as 'n aftreeplan'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 18
  • 1 min read

Die ANC het nog altyd Suid-Afrika se buitelandse diens as ʼn aftreeplan gebruik, deur afgetrede ANC-politici as ambassadeurs aante stel.


Dit is volgens die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, Ryan Smith, nadat hy bevestiging gekry het dat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) stil-stil ʼn nuwe ambassadeur in China aangestel het. 'n Nuwe saakgelastigde is ook in die VSA aangewys.


Maroela Media berig Smith sê om die aandag van ʼn korrupsiebeskuldigde individu in Suid-Afrika af te lei, hulle na ʼn pos êrens in die buiteland gestuur word in die hoop dat die media die saak sal vergeet. Smith vermoed Dirco kan om blote prosedurele redes nog nie te veel oor die aanstellings verklap nie. Hy sê daar is wel 'n kommerwekkende gebrek aan deursigtigheid wanneer dit by diplomatieke aanstellings kom.


ʼn Oudminister van staatsveiligheid en tans Suid-Afrika se ambassadeur in Türkiye, Dipuo Letsatsi-Duba, is as ambassadeur in China aangewys. ʼn Voormalige ambassadeur, Thabo Thage, sal eersdaags as saakgelastigde in Washington dien.


Thabo Thage. FOTO: Maroela Media
Thabo Thage. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page