Die ANC hou ‘n oog op Amerka se Bozell
- Saamgestel deur Jana Roos

- 4 hours ago
- 1 min read
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party sal Amerika se ambassadeur, Leo Bozell, fyn dophou.
SABC-nuus berig die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het onlangs 'n diplomatieke waarskuwing aan Bozell gerig oor opmerkings wat hy gemaak het, waarna hy om verskoning gevra het.
Bozell het gesê hoewel die howe verklaar het dat die Kill the Boer-lied nie haatspraak is nie, bestempel hy dit steeds as haatspraak. Die departement het die opmerking veroordeel as 'n skending van diplomatieke protokol. Mbalula sê Suid-Afrika sal volhou met sy sleutelbeleid om transformasie te bevorder.








Comments