Die ANC-jeugliga vra dat jeugwerkloosheid as 'n nasionale ramp verklaar word
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 26, 2025
- 1 min read
Die ANC-jeugliga het President Cyril Ramaphosa versoek om jeugwerkloosheid as ’n nasionale ramp te verklaar.
Volgens die liga beleef miljoene werklose jong Suid-Afrikaners ’n donker feesseisoen wat gekenmerk word deur hongersnood en toenemende ekonomiese uitsluiting. Onlangse Statistieke SA-syfers toon dat jeugwerkloosheid op 31-komma-nege persent staan, af van 33-komma-twee persent.
Alhoewel daar ’n geringe verbetering is, waarsku arbeidskenners dat die syfer steeds gevaarlik hoog is. Die liga meen ’n rampverklaring sal vinniger ingryping en hulpbronne moontlik maak.







Comments