top of page

Die ANC maak planne om Vrystaatse-burgemeesters die trekpas te gee

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 22, 2025
  • 1 min read

Die ANC Vrystaat maak planne om te midde van swak dienslewering, wat deur korrupsiebewerings veroorsaak word, burgemeesters van ses munisipaliteite te verwyder. FS Online berig tydens ‘n media-inligtingsessie by die ANC se provinsiale hoofkwartier in Bloemfontein, het die provinsiale woordvoerder, Polediso Motsoeneng, gesê hierdie beslissende optrede kom na wydverspreide kritiek op die ANC se hantering van plaaslike regeringsmislukkings. Hy voeg by die verwyderings is daarop gemik om openbare vertroue te herstel en dienslewering in hierdie sukkelende munisipaliteite te verbeter. Volgens Motsoeneng word die ANC se verbintenis tot skoon bestuur en verantwoordbaarheid op die proef gestel terwyl die party vir die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesings voorberei.    

 
 
 

Comments


bottom of page