top of page

Die ANC moet eerlik oor hul krisis wees

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 29
  • 1 min read

Die voormalige president Thabo Mbeki het ‘n beroep gedoen op die ANC om eerlik te wees oor die krisis wat dit in die gesig staar.


Hy het by ‘n politieke opvoedingsgeleentheid in Durban in KwaZulu-Natal gesê die ANC moet hul hernuwingspogings ernstig opneem as hulle vertroue wil herbou.


Die ANC berei voor vir die plaaslike regeringsverkiesing terwyl hulle teen dalende steun veg.


Volgens Mbeki kan die party se hernuwingspogings nie slaag tensy hulle leiers verwyder wat selfverryking soek nie.


Thabo Mbeki. FOTO: Facebook
Thabo Mbeki. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page