‘Die ANC se leiers het opgedroog’
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 1
- 1 min read
Terwyl die nuwe ministers in president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling ingehuldig word, meen 'n kenner dat die ANC nie die stryd teen korrupsie ernstig opneem nie, en sy leiers duidelik opgedroog het.
'n Politieke ontleder, Ntsikelelo Breakfast, sê voorts om iemand soos Dina Pule, ʼn voormalige ANC-minister, as minister van maatskaplike ontwikkeling aan te stel is twyfelagtig.
Maroela Media berig nog 'n ontleder, Theo Neethling, voeg by hy dink nie iemand met Pule se rekord hoort naby 'n kabinet nie.
Daar is vroeër berig Pule sou by die omstrede Sisisi Tolashe oorneem nadat Tolashe in Mei vanjaar uit die amp verwyder is. Pule is egter self in 2013 onder oudpresident Jacob Zuma se presidentskap as minister van kommunikasie verwyder ná ʼn ondersoek oor bewerings dat sy die parlementêre gedragskode oortree het.
Die ministers is Woensdag by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.








Comments