Die ANC stel die aankondiging van sy metropolitaanse burgemeesterskandidate uit
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het besluit om die aankondiging van sy metropolitaanse burgemeesterskandidate tot die einde van Julie uit te stel.
Dit volg nadat meer as vyfduisend Suid-Afrikaners aansoek gedoen het om as burgemeesterskandidate vir die ANC in die land se agt metropolitaanse gebiede genomineer te word. Die party het aanvanklik gesê dat hy sy burgemeesterskandidate aan die einde van Junie sou aankondig.
Die party sal van Maandag af ongeveer 150 kandidate op die kortlys ondervra, insluitend sommige huidige burgemeesters.








Comments