top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ANC stel sy aankondiging oor plaaslike regeringskoalisies uit

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16
1 min read

Die ANC het die aankondiging van sy plaaslike regeringskoalisiestrategie tot Dinsdag uitgestel, terwyl onderhandelinge met ander politieke partye voortduur.


Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het aan News24 bevestig dat samesprekings steeds aan die gang is ná die party se swak vertoning in die munisipale verkiesing van 4 November.


Die party oorweeg moontlike vennootskappe met die DA en ActionSA.


Intussen sê ActionSA se leier, Herman Mashaba, sy party sal nie ’n kompromie aangaan om Nasiphi Moya as Tshwane se burgemeester te behou nie.


Hy het ook uitgesluit dat hulle Helen Zille of Cilliers Brink as burgemeesters sal steun.


Ter illustrasie. FOTO: ANC
Ter illustrasie. FOTO: ANC

 
 
 

Comments


bottom of page