top of page

Die ANC sê hulle werknemers is betaal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 7
  • 1 min read

Die ANC se tesourie-generaal, Gwen Ramokgopa, sê alle werknemers is suksesvol betaal. 


Ramokgopa het met die media gepraat tydens die Presidensiële Gholfdag by die Sun City-oord in die Noordwes. 


Werknemers en sekere vakbonde het die ANC sedert verlede maand daarvan beskuldig dat hulle nie salarisse, voorsorgfondse en mediesefondsbydraes betaal nie. 


Ramokgopa sê wat haar betref, het almal hul salarisse ontvang.


LUISTER HIER:

Gwen Ramokgopa

Ter illustrasie. FOTO: ANC
Ter illustrasie. FOTO: ANC

Comments


bottom of page