top of page

Die ANC sê prosesse is wel gevolg in die herontplooiing van kaders in Vrystaatse munisipaliteite

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 27, 2025
  • 1 min read

Die ANC het wel ’n intensiewe proses onderneem voordat hy die Vrystaatse munisipaliteite geïdentifiseer het waarvan die leierskorps nou in die soeklig is. So sê die woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, Thabo Meeko, in reaksie op kritiek van die munisipalewerkersvakbond Samwu.

Die vakbond wou weet waarom munisipaliteite wat, volgens hulle, nog meer wanfunksioneel is as dié ter sprake, gespaar is. Dit kom nadat die provinsiale sekretaris van die ANC in die Vrystaat, Polediso Motsoeneng, Donderdag aangekondig het dat kaders in sewe Vrystaatse munisipaliteite herontplooi sal word.

Netwerk24 berig Samwu sê hoewel hy enige optrede om die regeringskrisis in die provinsie te takel versigtig verwelkom, veroordeel hy die “selektiewe en arbitrêre aard” van dié besluit onomwonde.

Samwu eis dat die ingryping onmiddellik verbreed word en hierdie “hernuwingsproses” billik en deursigtig oor alle swak presterende munisipaliteite heen toegepas word.

 
 
 

Comments


bottom of page