Die ANC verwerp die VSA se Agoa-besluit

Nov 3
1 min read
Die ANC verwerp die Verenigde State se besluit om Suid-Afrika se kwalifisering vir die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) van volgende jaar af terug te trek.
Die ANC sê hierdie stap behoort die land nie te dwing om sy beleid oor ekonomiese transformasie te laat vaar nie. Die party sê grondhervorming, breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging en gelyke indiensneming bly belangrike instrumente om ongelykhede uit die apartheid-era aan te spreek.
Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle sal nie transformasie opoffer in ruil vir voorkeurtoegang tot markte nie.
Mahlengi Bhengu










Comments