Die ANC-voorsitter verlaat ‘n Cosatu-kongres oor hy nie eerste wou praat nie

Oct 13
1 min read
Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, het die vakbondfederasie Cosatu se hervatte nasionale kongres in Kempton Park verlaat nadat hy gevra is om eerste te praat.
Mantashe het daarop aangedring dat die ANC laaste moet praat, aangesien dit volgens hom die tradisie is.
Pogings deur die partyveteraan, Snuki Zikalala, en Cosatu se algemene sekretaris, Solly Phetoe, om hom te oorreed om te bly, het misluk.
Intussen het Cosatu se president, Zingiswa Losi, 'n beroep op eenheid gedoen te midde van toenemende verdeeldheid binne die drieparty-alliansie.









Comments