Die ANC weerlê bewerings van Russiese inmenging in verkiesing
- Saamgestel deur Jana Roos

- 38 minutes ago
- 1 min read
Die ANC sê berigte dat Rusland disinformasieveldtogte teen opposisiepartye in Suid-Afrika gevoer het, is heeltemal ongegrond.
Dit kom nadat ‘n ondersoek deur Forbidden Stories vroeër die maand gepubliseer is, wat beweer het dat geheime vergaderings plaasgevind het tussen ‘n Russiese agent en die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, oor smeerveldtogte teen die DA voor die 2024-verkiesing.
Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het ook ontken dat enige ANC-verkiesingsveldtog buitelandse befondsing ontvang het.
Hulle is ook voorheen daarvan beskuldig dat hulle fondse van Iran ontvang het.








Comments