Die ANC wil nog nie met die VSA ambassadeur vergader nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die ANC is nog nie van plan om met Leo Brent Bozell III, Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, te vergader nie.
Netwerk24 berig die eerste adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Nomvula Mokonyane, moet president Cyril Ramaphosa nog Bozell se geloofsbriewe ontvang. Mokonyane sê omdat die ANC prosesse verstaan, is Bozell nie ’n ambassadeur wat in die Republiek van Suid-Afrika gebaseer is, totdat die president sy geloofsbriewe ontvang het nie. Tot dan sal die ANC nie met hom vergader nie.
Bozell is verlede jaar deur president Donald Trump aangewys as Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika. Hy het op 23 Februarie sy geloofsbriewe aan die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gegee.
Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê egter by navraag daar is nie ’n tydlyn vir Bozell om sy geloofsbriewe aan Ramaphosa te oorhandig nie. Hy sê Bozell het reeds ’n afskrif van sy geloofsbriewe aan die departement oorhandig, daarom kan hy werk.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Bozell se aanstelling is nie deur almal verwelkom nie.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Die EFF doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om Bozell uit die land te skop. Bozell is ook onlangs deur die departement oor die vingers getik ná sy uitlatings oor Suid-Afrika. Hy het onder meer na die Suid-Afrikaanse regering gekap oor die beleide van grondonteiening en swart ekonomiese bemagtiging, en gesê die “Kill the Boer”-lied is haatspraak, ongeag wat die Suid-Afrikaanse howe sê. Hy het later op X teruggekrabbel en gesê hy het respek vir Suid-Afrika se regstelsel.





Comments