Die Arbeidsdepartement veroordeel vals inligting oor ‘n VS skrootwerf-inspeksie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Die Departement van Indiensneming en Arbeid veroordeel die verspreiding van vals en misleidende inligting oor die blitsinspeksie wat by Salvage Scrapyard in Parys in die Vrystaat uitgevoer is ten sterkste.
Dit kom nadat inspekteurs vir Beroepsgesondheid en -Veiligheid (BGV) 'n werkplekinspeksie uitgevoer het. Die werkgewer is met 'n verbodskennisgewing bedien weens die nie-nakoming van verskeie arbeidswette. 'n Opvolginspeksie is later by die skrootwerf uitgevoer, waartydens die werkgewer die inspekteurs na bewering aangerand het.
Die saak is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld vir ondersoek.
Volgens 'n verklaring op die departement se webtuiste sê die Vrystaatse provinsiale hoofinspekteur, Manelisi Luxande, die departement sal voortgaan om ten volle met wetstoepassingsowerhede saam te werk.
Hy sê hulle sal alle toepaslike regstappe volg om amptenare te beskerm en die integriteit van sy afdwingingsprosesse te handhaaf.







Comments