Die Artemis II is op pad huis toe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die span ruimtevaarders wat met die Artemis II rondom die maan gereis het, sal nou ongeveer vier dae neem om terug te kom aarde toe.
Hulle het onder meer dele van die maan gesien wat nog nie voorheen met die menslike oog waargeneem is nie. Maroela Media berig wetenskaplikes sien opgewonde uit na dié data wat insluit foto’s van maankraters waarvan daar nog min te wete is, ʼn sonsverduistering en die letsels wat meteore op die maanoppervlak gelaat het.
Die bemanning het vir meer as sewe uur in die fynste detail na die maanoppervlak gekyk en verslag gedoen.
Die groep het ook ʼn oproep van Amerikaanse president Donald Trump ontvang. Hy het aan hulle gesê hulle het regtig die hele wêreld geïnspireer, en hulle as moderne baanbrekers beskryf. Hy sê dit verg baie waagmoed om te doen wat hulle gedoen het.
Die ruimtevaarders het die Apollo 13-sending se rekord as die verste afstand van die aarde af oortref. Die Artemis II het in die geheel 406 711 km van die aarde af gereis.








Comments