Die asbesdaksaak hervat in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Die R255 miljoen-asbesdaksaak hervat weer in die Hooggeregshof in Bloemfontein - ná ’n onderbreking van vier weke.
Volgens SABC News is die saak uitgestel om beskuldigde nommer een, Nthimotse Mokhesi, kans te gee om regshulp te bekom.
Dié voormalige hoof van die Vrystaatse departement van Menslike Nedersettings het aangedui dat hy nie sy regskoste kan bekostig nie.
Die hof het sy regsverteenwoordiger die geleentheid gegee om aansoek te doen dat Regshulp Suid-Afrika ’n prokureur aanstel.
Die staat het saamgestem dat die saak te kompleks is vir selfverteenwoordiging.
Altesaam 18 beskuldigdes, insluitend die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule, en sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.








Comments