Die ATM wil Suid-Afrika se naam verander
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 4
- 1 min read
Die ATM en ander politieke partye wil Suid-Afrika se naam na Republic of Azania verander. Volgens Nuus in Afrikaans is die party van mening dat die huidige naam kolonialisties is en nie die ware identiteit van die mense van Suid-Afrika verteenwoordig nie. ATM president en parlementêre leier, Vuyo Zungula, is van mening dat ‘n naamsverandering hulle reg en nalatenskap is, maar sy voorstel vind nie noodwendig byval nie. Politieke analis Kenneth Mokgatlhe het die voorstel afgeskiet, deur te verduidelik dat "Suid-Afrika" slegs 'n geografiese beskrywing is. Mokgatlhe sê ook dat die naam "Azania" meestal deur radikale politici en akademici gebruik word.





Comments