top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die AU word gevra om ‘n sosiale media-verbod vir kinders regoor Afrika in te stel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

'n Kinderregte-organisasie in Ghana doen 'n beroep op die Afrika-unie (AU) om 'n minimum ouderdom van 16 jaar vir die gebruik van sosiale media regoor Afrika in te stel.


IOL berig die organisasie sê die voorstel is daarop gemik om kinders teen kuberafknouery, uitbuiting, skadelike inhoud en privaatheidskending te beskerm.


Die groep wil hê die AU moet teen 2027 'n raamwerk aanvaar wat lidlande kan gebruik om ouderdomsbeperkings vir sosiale media in te stel.


Kenners waarsku egter dat so 'n verbod moeilik afdwingbaar kan wees en dat dit ook vrae oor kinders se toegang tot inligting en vryheid van uitdrukking laat ontstaan.


Verder vra die organisasie ook vir groter beleggings in digitale geletterdheid en aanlynveiligheid vir jongmense.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page