top of page

Die balju konfiskeer toerusting by die ANC se hoofkwartier

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 5
  • 1 min read

Die Luthuli-huis is hierdie naweek effens leër nadat die balju op die ANC se hoofkwartier toegeslaan het.


The Citizen berig lessenaars, stoele, rekenaars, yskaste en mikrogolfoonde is van die toerusting wat glo gekonfiskeer is.


Die toerusting sal gehou en op 'n veiling verkoop word indien die politieke party nie die R85,5 miljoen se skuld aan Ezulweni Investments vereffen nie.


Intussen word berig die party se bankrekeninge is glo ook gevries. 


Ezulweni Investments sê hulle is bereid om 'n likwidasie-aansoek teen die ANC in te dien indien die skuld nie verhaal word nie.


Ter illustrasie. FOTO: ANC
Ter illustrasie. FOTO: ANC

Comments


bottom of page