Die Banksy-kunsdief word gevonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 15, 2025
- 1 min read
'n Man is tot 13 maande tronkstraf gevonnis na hy ‘n afdruk van Banksy se bekende Meisie met ‘n Ballon gesteel het.
Sky News berig die 49-jarige Larry Fraser het skuldig gepleit.
Die afdruk, terwaarde van sowat R6 miljoen, is verlede jaar September uit ‘n gallery in New Cavendishstraat in Londen gesteel.
Fraser het sy identiteit met ‘n masker, ‘n baadjie met ‘n kappie en handskoene verberg, maar is op CCTV betrap waar hy die kunswerk in ‘n voertuig gelaai het voordat hy van die toneel gevlug het.
‘n Tweede man wat daarvan beskuldig word dat hy die bestuurder van die voertuig was, is vrygespreek.







Comments