top of page

Die bedrogsaak teen Safa se president is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 22
  • 1 min read

Die voortgesette bedroghofsaak teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), Danny Jordaan, en sy drie medebeskuldigdes is verder vertraag.


Jordaan en die ander word daarvan beskuldig dat hulle R1,3-miljoen van die vereniging vir persoonlike gebruik gesteel het.


Een van die beskuldigdes, Trevor Neethling, het die Palm Ridge-landdroshof versoek dat die aanklaer homself onttrek.


Volgens Neethling se regsverteenwoordiger het die aanklaer toegang tot vertroulike inligting wat sy saak in gevaar kan stel.

Hierdie saak sal nou op 9 Desember aangehoor word.


Intussen hoop die vervolging om ‘n verhoordatum vas te stel wanneer die vier beskuldigdes weer op 11 Februarie verskyn.


Danny Jordaan. FOTO: Farpost
Danny Jordaan. FOTO: Farpost

Comments


bottom of page