top of page

Die bekroonde 'Niggies'-redigeerder verloor sy stryd teen kanker

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 3
  • 1 min read

Die bekroonde rolprent- en TV-redigeerder, Leon Visser, is in die ouderdom van 38 oorlede. Visser het jare lank teen Hodgkin se limfoom, wat 'n tipe kanker is, geveg.


Maroela Media berig hy het weens komplikasies ná ʼn beenmurgoorplanting gesterf.


Visser het volgens sy webwerf meer as 19 jaar ervaring in die vermaakbedryf gehad. Hy was betrokke by produksies soos Niggies, Beurtkrag, Blindelings en Klein Karoo 2.


Dié siekte is al ʼn hele paar jaar gelede by hom gediagnoseer en ná chemoterapie, bestraling en ʼn beenmurgoorplanting het dit gelyk of die behandeling werk. Hy moes egter vroeër vanjaar nog ʼn beenmurgoorplanting ondergaan, waarna ʼn rits komplikasies kop uitgesteek het.


Volgens ʼn inskrywing op sy Facebook-blad het Visser op 19 Desember in ʼn koma verval, waarskynlik weens die medikasie wat hy moes neem ná sy oorplanting.


Talle rolspelers in die vermaakbedryf het intussen huldeblyke gelewer.


Leon Visser. FOTO: Facebook
Leon Visser. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page