top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Bela-ooreenkoms staan vas

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2024
1 min read

Die Solidariteit Beweging sê die ooreenkoms wat bereik is met die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en verteenwoordigers van die Presidensie oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela), staan vas. Volgens ‘n verklaring  van die voorsitter van die Solidariteitbeweging, Flip Buys, het die Nedlac-proses tot ʼn ooreenkoms gelei en dat politiekery daaroor nie aan die kern daarvan verander nie. Dit volg ná ANC-leiers en selfs die presidensie hul steun vir die wet herbevestig het en die teenstand teen sekere klousules in die wet as ʼn weerstand teen verandering beskryf. Die uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, Dirk Hermann, verduidelik dat die minister van Basiese Onderwys die gesag het om steeds aanbevelings oor die wetgewing te maak.

 
 
 

Comments


bottom of page