Die belastingombudsman beveel veranderinge vir verifikasieprosesse aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 2
- 1 min read
Die kantoor van die Belastingombudsman het konsepaanbevelings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voorgelê om hul verifikasieprosesse vir belastingterugbetalings te verander, en sodoende kapings van eFiling-profiele in Suid-Afrika te bekamp.
Dit sluit in om belastingterugbetalings langer vas te hou vir verdere verifikasie wanneer profielbesonderhede onlangs verander is, en sal ook strenger voor-terugbetalingsverifikasies implementeer wanneer terugbetalings ‘n sekere waarde oorskry.






Comments