Die berugte N8 eis nog 'n lewe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Pasiënt is dood nadat die Vrystaatse Departement van Gesondheid se pasiëntvervoervoertuig met ’n ligte motorvoertuig Donderdagoggend op die N8 net buite Bloemfontein gebots het.
Free State World berig op hul sosiale media die departement sê een persoon is kritiek beseer, agt is matig beseer en ses het ligte beserings opgedoen. Twee pasiënte was binne die voertuig vasgekeer en die Mangaung-brand- en reddingspan moes "jaws of life" gebruik om hulle te bevry.
Volgens die departement was die voertuig met pasiënte vanaf Ficksburg onderweg toe die botsing plaasgevind het. Daar word beweer dat die ander motor ’n band gebars het en beheer verloor het.
Pasiënte is na die Pelonomi-trauma-eenheid en die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein vervoer. Ondersoeke na die ongeluk duur voort.








Comments