top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Die beskadiging van olieraffinaderye sal brandstofpryse hoog hou'

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 7
1 min read

Die Reserwebank se Monetêre Beleidsoorsig toon aan dat die beskadiging of vernietiging van olieraffinaderye te midde van die voortdurende geo-politieke spanning daartoe sal lei dat brandstofpryse hoog sal bly tot lank ná die konflik verby is.


SABC-nuus berig die Bank het sy kommer uitgespreek oor die hoë dieselpryse, en die mate waartoe hoë brandstofpryse 'n invloed op inflasievooruitsigte het. Brandstofinflasie het in die tweede kwartaal vanjaar met bykans 25 % gestyg.


Die hoofekonoom van die Reserwebank, Konstantin Makrelov, het by die bekendmaking van die Beleidsoorsig in Pretoria gesê hoë brandstofpryse word beïnvloed deur sowel die olieprys as die raffinaderye en die vermoë om produkte uit te voer.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page