Die beweerde ontvoerder van ‘n Bfn leerder se saak is binnekort voor

Die geskorsde polisielid wat daarvan aangekla word dat hy 'n Bloemfonteinse leerder ontvoer het, se saak is tot 26 November vir verhoor uitgestel.
Nova News berig Nzima Philemon Adoons staan tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat, met streng voorwaardes.
Die saak spruit voort uit die raaiselagtige ontvoering van ’n leerder aan die Martie du Plessis Skool in Bloemfontein, Kamogelo Baukudi, in Junie verlede jaar.
Sy ontvoerders het glo voorgegee dat hulle polisielede is en ’n gemerkte voertuig en blou ligte gebruik. 'n Losprys van R7 miljoen was glo van Baukudi se ouers geëis. Hy is later in Wepener gevind.
Adoons se vyf medeverdagtes is weens onvoldoende bewyse vrygelaat.









Comments