Die Bfn honde-eenheid neem vermeende dwelmhandelaars in hegtenis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 9
- 1 min read
Die Bloemfonteinse honde-eenheid het drie verdagtes in twee aparte voorvalle in hegtenis geneem, en dwelms met 'n geskatte straatwaarde van ongeveer R62 000 gekonfiskeer.
'n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring in die eerste voorval is 'n man en vrou in die Willows-area in hul motor met kristalmetamfetamien, Mandrax en khat betrap.
In die tweede voorval het die honde-eenheid op inligting gereageer oor dwelmhandel in Bainsvlei. 'n Man is in sy huis in hegtenis geneem en dwelms ook gekonfiskeer.
Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van en handel in dwelms.







Comments