top of page

‘n Toesigbeampte smokkel glo dwelms

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 20
  • 1 min read

‘n Toesigbeampte van die G4S oftewel Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein is Donderdag vir die smokkel van verbode goedere in hegtenis geneem.


Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die polisie het die 36-jarige beampte se sluitkas deursoek.


Byna 150 Mandrax-tablette sowel as saamgeperste dagga is die verdagte se kosblik tussen sy kos gevind.


Hy is onmiddellik deur die sentrum se bestuurders en lede van die Bloemspruit sigbare polisiëringseenheid in hegtenis geneem.


'n Saak van besit van dwelms is by die Bloemspruit-polisiestasie geopen.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

Comments


bottom of page