Die Bittereinders-leier wil 'n nuwe politieke party stig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4, 2025
- 1 min read
Die leier van die Bittereinders-jeugbeweging, Francois van der Merwe, is besig om die eerste 1000 handtekeninge te werf om 'n nuwe politieke party, die 235 Beweging, op die been te bring.
Die beweging wil later in die jaar as ʼn politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) registreer, en Van der Merwe wil homself as kandidaat beskikbaar stel.
Maroela Media berig Van der Merwe sê die 235 Beweging het dit ten doel om ʼn nuwe politiese dinamika te probeer skep en hom vir Afrikaner-selfbeskikking te beywer.
Hy sê hierdie is ʼn nuwe idee, ʼn nuwe politieke oortuiging. Hulle wil nie ʼn normale arbitrêre party wees nie, maar iets veel meer prakties.
Hy voeg by wat tans in die land en politiek aan die gebeur is, werk net nie meer nie.






Comments