top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Blitspatrollie vind ‘n gesteelde voertuig en arresteer twee in Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • May 5
  • 1 min read

Die polisie in Bloemfontein in die Vrystaat het ‘n gesteelde luukse voertuig teruggevind en twee verdagtes tydens ‘n gekoördineerde operasie in hegtenis geneem.


Lede van die Blitspatrollie het ‘n Toyota VX Cruiser opgespoor wat as gesteel aangemeld is by ‘n winkelsentrum in Bayswater. Die voertuig is by ‘n eiendom in Phahameng gevind, waar dit uitmekaar gehaal is.


Gereedskap wat vermoedelik in die misdaad gebruik is, is ook gekonfiskeer. Twee is in hegtenis geneem en sal na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit van ‘n gesteelde voertuig.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page