top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Bloemspruit-lugmagbasis se nuwe bevelvoerder neem die leisels oor

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8
1 min read

Die nuwe bevelvoerder van die Bloemspruit-lugmagbasis buite Bloemfontein het op ’n oorhandigingseremonie op die basis die pos amptelik aanvaar.


Kolonel Andrew Segone het in Desember verlede jaar die leisels by brigadier-generaal Abel Naik oorgeneem nadat Naik na die pos van inspekteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag bevorder is. Die formele oorhandigingseremonie het Vrydag plaasgevind.


Netwerk24 berig Naik was sedert 2018 die bevelvoerder van die lugmagbasis. Hy het in sy toespraak gesê sy eerste ses maande in die pos was veral uitdagend, maar hy is dankbaar teenoor sy kollegas wat hom die laaste paar jaar in die pos ondersteun het.


Segone het deur sy loopbaan in verskeie operasionele, bevels- en strategiese poste gedien, insluitend as bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Saamgestelde Helikopter-eenheid tydens ’n Verenigde Nasies-vredesending in die Demokratiese Republiek die Kongo. Hy het ook as waarnemende bevelvoerder van die Bloemspruit-lugmagbasis en as senior stafoffisier vir langtermynbeplanning by die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Lugmag gedien.


FOTO: DefenceWeb
FOTO: DefenceWeb

 
 
 

Comments


bottom of page