Die borgtog aansoek van moord-beskuldigde weermaglede is uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 6, 2025
- 1 min read
Die borgtogaansoek van 12 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Spesiale Taakmag wat daarvan beskuldig word dat hulle die Valke-ondersoeker, luitenant-kolonel Frans Mathipa, vermoor het, is tot volgende Vrydag uitgestel. Newskoop berig die Randburg-landdroshof in Johannesburg het gister slotargumente van beide die verdediging en die staat aangehoor. Die soldate staan ook tereg op aanklagte van die ontvoering van die Ethiopiese burger en vermeende Isis-leier, Abdella Abadiga, saam met sy lyfwag, in Desember 2022. Mathipa het na bewering Abadiga se verdwyning ondersoek toe hy in Augustus 2023 doodgeskiet is. Die staat het borgtog teengestaan en die erns van die aanklagte aangehaal en aangevoer dat hul vrylating, as hoogs opgeleide militêre personeel, ‘n risiko vir getuies kan inhou.






Comments