Die Bothaville-vrou wil nie weet wat met haar gebeur het nie
- Armando Pieters

- Aug 8
- 1 min read
Nadat 'n 60-jarige vrou van Bothaville met 'n hamer oor die kop geslaan en verkrag is, gaan 'n verdagte op aanklagte van poging tot moord en verkragting in die landdroshof in Bothaville verskyn.
Die AfriForum-buurtwag se Dolf Meyer sê 'n bebloede baadjie is naby die misdaadtoneel gevind, en buurtwaglede kon met behulp van beeldmateriaal die verdagte aan die baadjie uitken. Hy is na die Bothaville-polisiekantoor geneem, maar vrygelaat omdat dit glo omstandigheidsgetuienis is.
Die buurtwaglede het nog iemand naby die huis gevind waar die voorval plaasgevind het. Dié het gesê iemand het kort ná die voorval daar verbygeloop. Hy was glo vol bloed en het water gevra om sy arm te was. Hy is positief as die verdagte geïdentifiseer wat die baadjie gedra het.
'n Vrystaatse polisiewoordvoerder, Palesa Thabana, sê 'n 34-jarige man sal weens die aanval van 26 Julie in die hof verskyn.
Volksblad berig intussen ook die slagoffer se korttermyngeheue is steeds baie swak, maar sy het gesê sy wil nie weet wat met haar gebeur het nie.





Comments