top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die brandstofbedryf waarsku teen paniekaankope

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 20
  • 1 min read

Die Brandstofbedryfvereniging van Suid-Afrika (Fiasa) sê veranderinge in verbruikersgedrag – soos om brandstof op te gaar – kan die land se voorsieningsketting onder druk plaas.


Maroela Media berig dit kom te midde van vrese oor moontlike tekorte weens die voortgesette konflik in die Midde-Ooste.


Volgens Fiasa se uitvoerende direkteur moet die situasie gesamentlik benader word en dat Suid-Afrikaners by hul gewone aankooppatrone moet hou. Die direkteur voeg by die stelsel is ontwerp om normale vraag te hanteer, en onnodige afwykings kan ’n wanbalans veroorsaak.


Daar word gewaarsku dat irrasionele gedrag probleme kan skep en dat motoriste slegs moet volmaak wanneer hul tenks leeg is.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page