Die breedevallei-munisipaliteit herstel steeds stormskade
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 6
- 1 min read
Die Breedevallei-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy is steeds besig om skade te herstel ná die storms van Mei vanjaar.
Volgens die munisipaliteit het die oorstromings en sterk winde groot skade aan munisipale bome aangerig, en dié bome moet verwyder word.
Verskeie boomstompe en wortelstelsels is steeds in sommige dele van die munisipaliteit.
Die munisipaliteit sê gespesialiseerde toerusting is nodig om dit veilig te verwyder.
Die Breedevallei-munisipaliteit sê hy besef dat dié boomstompe en wortelstelsels ongerief vir die publiek kan veroorsaak en vra mense om geduldig te wees.








Comments