Die Britse eerste minister bedank ná net twee jaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het sy bedanking aangekondig nadat hy minder as twee jaar in die amp was.
Sy wyd verwagte aankondiging kom ’n dag voor die tiende herdenking van die Brexit-referendum, wat die Verenigde Koninkryk se uittrede uit die Europese Unie aan die gang gesit het.
The Citizen berig Starmer sê elke besluit wat hy geneem het, was daarop gemik om die land wat hy liefhet eerste te stel, en daarom sal hy as leier van die Arbeidersparty bedank.
Starmer het Maandag met Sy Majesteit die Koning gepraat om hom van die besluit in kennis te stel.
Starmer sê die proses om ’n nuwe leier vir die Arbeidersparty te kies, sal in Julie begin. Hy sal intussen as eerste minister aanbly totdat sy opvolger in September aangewys en in die amp bevestig is.








Comments