Die Britse regering beloof streng optrede teen antisemitisme ná 'n sinagoge-aanval
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 3
- 1 min read
Die Britse regering het belowe om sterker op te tree teen antisemitisme ná ’n dodelike aanval van by ’n sinagoge in Manchester op die Joodse godsdiendag, Jom Kippur.
Twee plaaslike Joodse mans is dood toe ’n aanvaller met sy motor in voetgangers vasgery en hulle daarna buite die Heaton Park Hebrew Congregation met ʼn mes gesteek het.
Die polisie het die aanvaller as ’n Britse burger van Siriese afkoms geïdentifiseer. Hy is deur gewapende beamptes doodgeskiet.
Intussen beskuldig die Israeliese regering Brittanje daarvan dat dit toegelaat het dat wydverspreide antisemitisme deur Britse stede en op universiteitskampusse versprei het.






Comments