Die BTW-omsetdrempel is ‘n probleem vir klein besighede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 25, 2025
- 1 min read
Belastingkundiges sê Suid-Afrika se versuim om die omsetdrempel vir besighede te verhoog om vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) te registreer, is 'n probleem vir klein besighede. Die drempel is vir die afgelope 16 jaar nie verhoog nie. Volgens kenners behoort die omsetdrempel op twee-komma-een miljoen rand te wees. Besighede wat vir dienste van meer as R1 miljoen in enige belastingjaar moet faktureer, moet vir BTW registreer en dit op hul goedere en dienste hef. Volgens kenners plaas hierdie noodsaaklikheid om te registreer ‘n bykomende voldoeningslas op besighede met ‘n omset van meer as ‘n R1 miljoen.






Comments