Die Byenes-moordenaar is skuldig, maar haar kêrel is skotvry

’n Oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein is Woensdag in die hooggeregshof in die stad skuldig bevind aan die moord op haar voormalige werkgewer en dié se dogter en skoonseun.
Mpheng Anna Ntsoeu is ook skuldig bevind op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede en ’n aanklag van geldwassery.
Netwerk24 berig Ntsoeu se kêrel, Ronald Moroe, is egter op al die aanklagte teen hom onskuldig bevind nadat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy by die driedubbele moorde betrokke was nie.
Die Byenes-dagsorgsentrum se eienaar, Betsie Kruger, haar dogter, Janine Theron, en dié se man, Christo, is in Junie 2023 by dié dagsorgsentrum vermoor. Hul liggame is by Kruger se huis gevind, waaruit die dagsorgsentrum bedryf was. Al die slagoffers se hande en voete was met ’n elektriese koord vasgebind.








Comments