Die Centlec-hoof se kontrak is in die geheim verleng
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 8
- 1 min read
Die hoof- uitvoerende beampte van Centlec, Malefane Sekoboto, se kontrak is met drie maande verleng nadat dit op 31 Desember sou verval.
Bloemnuus berig 'n virtuele vergadering is agter geslote deure op 30 Desember gehou. DA-raadslid Dirk Kotzé sê dié vergadering het beperkte toegang vir die publiek gehad, en deursigtigheid ondermyn.
Die DA het gekies om nie te stem oor die verlenging van Sekoboto se kontrak nie, terwyl die ANC, EFF, VF Plus en PA gekies het om hom vir 'n verdere drie maande in sy posisie te hou.
Kotzé sê geheime vergaderings en onwettige besluite verbrokkel die publiek se vertroue, en verswak 'n reeds sukkelende administrasie. Hy sê die DA dring aan dat Mangaung openlik, wettiglik en in die beste belange van inwoners gelei word.







Comments